17 Februarie 2005 Geagte klient. Die jaar het begin en die eerste 2 maande is reeds amper geskiedenis. Weereens dankie aan almal wat hulle rekenings elektronies betaal en sodoende n GROOT BESPARING in bankkostes het. ASSEBLIEF maak net seker van die verwysing wat saam met die betaling gaan , ek kry nog steeds betalings wat ek nie weet wie my betaal nie , dus kan ek nie die regte rekening krediteer nie. Die knelpunt tussen die aptekers en die dept. van gesondheid sal eers beslêg word op die 15 de Maart. Na aanleiding van verskeie vra in die apteek , die volgende. Sekere aspekte is nog steeds van krag nl. In die verlede het aptekers korting en bonusse gekry op medisyne NOU WORD GEEN KORTINGS OF BONUSSE GEGEE NIE . DIT IS TEEN DIE WET VAN DIE DEPT VAN GESONDHEID.(DPG) In die verlede was die standaard opmerk van produkte in die apteke nl 50% dan kon ons korting gegee. Die mediese fondse het 30% korting geneem by die aptekers. Die fondse het besluit sonder dat ons enige insette gelewer het. Nou mag geen mediesefonds enige korting neem nie DIT IS TEEN DIE WET VAN DEPT VAN GESONDHEID.(DPG) Nog steeds betaal die fondse net soos hulle goeddink. Die prys van medisyne volgens wet van die DPG is nou vasgestel vir een jaar. Die vervaardigers mag net een keer per jaar hulle pryse verhoog maar hulle mag die pryse verlaag vele kere soos dit hulle pas. Die pryse is nou standaard m.a.w. of jy 1 koop of jy 1000 koop die prys bly dieselfde geen glyskaal vir beter pryse as jy hoeveelhede koop nie. Die DPG se voorstel van 26% opmerk tot by R100 en dan net R26 bysit daarna is nie lewensvatbaar nie. Geen besigheid kan so voortbestaan nie. Pryse van generiese medisyne het baie verlaag. (Generies beteken presies dieselfde sterke en bestandeel van die oorspronklike produk) Vra asb oor generiese medisyne jy kan ‘n klomp geld spaar. Huidig is die opmerk in die apteek 36% dit gee ‘n bruto wins van 24%. Daarom kan ons nie meer korting toestaan nie. 9 Hoekom is daar dan nog bybetalings by mediese fondse? Die fondse betaal net 26% tot by R100 en dan net R26 na R100 dus die verskil is nl die bybetaling. Mediese fondse spaar 20% per maand by uitbetalings, steeds verhoog ons premies jaar na jaar, hoekom? (miskien al die borgskappe wat die mediese fondse doen, hou net die koerante dop?) Almal wat epos adresse het laat ek die asb kry. Met epos kan ek baie makliker inligting deurstuur en makliker kommunikeer. Besoek gerus ons webwerf www.roscher.co.za epos frik@roscher.co.za As daar enige iets is wat julle wil weet epos my gerus na bg epos adres Groete tot volgende maand Frik du Plessis |